MEER OOR ONS

Ons is vasgevang deur die teorie van Howard Gardener se veelvuldige intelligensie en hoe elke kind se brein dink en inligting anders verwerk. Ons het Advancity gebasseer op die volgende wyse woorde van Albert Einstein: "Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing that it is stupid." Daar word verwag van leerders om in 'n 'boks' te dink, te leer en groot te word. Daarom het ons 'n akademie en naskool geopen om 'n leeromgewing te vestig wat elke kind se individuele leerstyl benut, maar ook die gebiede versterk waar hulle struikelblokke in die gesig staar . Maar veral om leer pret en opwindend te maak en elke leerder te betrek.

ANCHEN JOUBERT 

SKOOLHOOFa

Gekwalifiseerde onderwyser met 'n honneursgraad gespesialiseerd in "Barriers of Education" tans ingeskryf vir haar meestersgraad met 9 jaar onderwyservaring. Mamma van twee woelige seuntjies met 'n passie vir onderrig.

JOLENE PERKINS 

ADJUNKHOOF

Liefde en passie vir die kinders is haar dryfkrag vir alles wat sy doen. Die kinders se beste belang is altyd haar prioriteit nommer een. Sy skep 'n veilige omgewing vir elke kind om hom-/ haarself te kan wees en veilig te voel om vrae te vra. Sy maak seker dat elke kind hul volle potensiaal bereik.

RENCIA BALT 

ONDERWYSER

Hardwerkend en passievol. Ons jongste juffrou met die grootste hart. Die leerders se bynaam vir haar is "hart dokter" omdat sy altyd wyse advies gee vir die kinders. Sy werk met die juniors en het haar eie kreatiewe maniere om hulle te kry om skoolwerk en huiswerk te geniet.

GYLA MEYER

ONDERWYSER

Entoesiasties, vol pret en altyd bereidwillig om weer ʼn som te verduidelik, ʼn toebroodjie se korsies af te sny, of saam kaalvoet sokker te speel. Juffrou Gyla weerspieël Advancity se hart en waardes op 'n daaglikse basis.

TANNIE EVY 

KOK EN SKOONMAKER 

Evy werk al meer as 10 jaar in ons familie, en het al haar resepte by Anchen se ma geleer. Sy het 'n sagte hard as dit kom by kinders. Sy praat Afrikaans en het selfs Anchen se kinders help grootmaak.

OOM WILLIES 

DRYWER 

Oom William, of beter geken as Oom "Willies" soos die leerders hom hernoem het, werk al 12 jaar vir VYFSTER ELEKTRIES as 'n drywer. Hy is ook 'n Pa, praat afrikaans, en was 'sy' bussie elke liewe oggend.

OOM TIMBIE

TUINIER

Oom Timbie is 'n boffen in die tuin. Hy ken al die geheime om ons grasperk so mooi groen te hou. Hy maak seker dat ons skool altyd netjies is.