AKADEMIE TUISONDERRIG

AKADEMIE is waar ons uitstaan. . . 

Wat Advancity van ander private akademiese instellings onderskei, is dat ons hele klaskamer op 'n unieke manier ingerig is waar rotasies op verskillende stasies plaasvind om te verseker dat elke tipe intelligensie (Multiple Intelligence – Howard Gardner ) en leerstyl benut en versterk word. Hierdie kreatiewe en innoverende klaskamer verander die hele dinamika van onderrig en “skool”. Dit maak leer weer lekker ! Tradisionele skoolopleiding fokus daarop om leerders "gereed te kry vir toetse", maar Advancity verseker dat hulle alle vaardighede bemeester , nie net die vaardighede wat getoets word nie. Alhoewel die meeste leerders baat by tradisionele skool en selfs uitblink, is daar leerders wat agter raak, wat nie hul volle potensiaal ontwikkel nie, 'n graad herhaal, sosiaal nie inpas nie, ens. Advancity is nie 'n laaste uitweg nie, dit is 'n oplossing. Dit kan 'n korttermynplan wees om 'n leerder te help om op standaard te kom, of selfs bo standaard. Nadat Advancity die leerder gehelp het en hulle toegerus het met die regte stel vaardighede en leerstyle, kan hulle altyd terugkeer na 'n tradisionele skool, maar hulle sal waarskynlik nie wil nie. Ons papierwerk is in orde sodat 'n gladde oorplasing enige tyd kan plaasvind, indien nodig.



Besoek ons hier ook ⇩